Sauropoda

Sauropoda
Tydperk: Laat Trias-Laat Kryt 210–66 m. jaar gelede
Die skelet van ’n Apatosaurus louisae (Carnegie-museum van Natuurgeskiedenis).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Infraorde:
Sauropoda

(Marsh, 1878)
Sauropoda
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Suborde: Sauropodomorpha
Klade: Anchisauria
Klade: Sauropoda
(Marsh, 1878)
Subgroepe
  • Antetonitrus
  • Archaeodontosaurus
  • Blikanasaurus
  • Camelotia
  • Chinshakiangosaurus
  • Gongxianosaurus
  • Isanosaurus
  • Kotasaurus
  • Lessemsaurus
  • Ohmdenosaurus
  • Protognathosaurus
  • Spinophorosaurus
  • Zizhongosaurus
  • †Gravisauria

Sauropoda, of die souropodes ("met akkedisvoete"), was ’n infraorde van Saurischia-dinosourusse. Hulle het baie lang nekke en sterte, klein koppe (in vergelyking met die res van hul lyf) en dik, bonkige bene gehad. Hulle is merkwaardig vanweë die enorme grootte van sommige spesies – die groep sluit die grootste diere in wat op aarde geloop het. Bekende genera sluit in Brachiosaurus, Diplodocus en Apatosaurus (wat volgens die huidige klassifikasie ’n vroeëre sinoniem vir Brontosaurus) is. Souropodes het in die Laat Trias-periode vir die eerste keer hul verskyning gemaak. Teen die Laat Jura (150 miljoen jaar gelede) het souropodes wydverspreid voorgekom en teen die Laat Kryt is hulle hoofsaaklik vervang deur titanosourusse, wat feitlik wêreldwyd voorgekom het. Laasgenoemde het saam met alle ander nie-vlieënde dinosourusse uitgesterf tydens die Kryt-Paleogeen-uitwissing. Fossiele oorblyfsels van souropodes is op al die kontinente ontdek, insluitende Antarktika.

Die naam is in 1878 deur die Amerikaanse paleontoloog O.C. Marsh gevestig en is afgelei van die Grieks vir "akkedisvoet".[1] Souropodes is een van die mees herkenbare groepe dinosourusse en word algemeen voorgestel in verskeie kunsvorms vanweë hul grootte.

Volledige souropode-fossiele is skaars. Baie spesies, veral die grootstes, is net bekend uit geïsoleerde stukke bene. Baie feitlik volledige fossiele kom koppe, sterte of ledemate kort.

  1. Marsh, O.C. (1878). "Principal characters of American Jurassic dinosaurs. Part I"". American Journal of Science and Arts. 16: 411–416.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search